Tuesday, 25 February 2014

My troubeloftes aan my man 12/05/2014

Ek deel graag met julle my troubeloftes wat ek aan my man geskryf het en gelees het op ons troudag in die kerk. Ek sal die dag nooit ooit vergeet nie. Ek het ewige trou belowe aan die wonderlikste man, amazingste pa, en my sielsgenoot. My "Forever After"





Ek glo die “magic” van ons “Cinderella Story” is opgesluit in die feit dat ons vir so lank net vriende was (alhoewel jy aanhou sê jy was al toe verlief op my :) ) Ons het jare gelede reeds begin om mekaar te respekteer, na mekaar te luister en mekaar te ondersteun op die paaie wat ons geloop het. Ons elkeen se verlede is deel van ons, maar as lewensmaats bou ons vandag ‘n brug oor ons verlede-paaie en stap ons nou ons eie sprokie tegemoet op ‘n pad wat nog nie voorheen geloop is nie. Die SUKSES van ons sprokie is nie in hierdie dag opgesluit nie, maar wel in die pad wat ons tot hier en van hier af verder stap.
Ek onderneem om van vandag af, vir die res van my lewe, jou vrou te wees en jou vriendin te bly. Ek beloof aan jou my ewige trou. Ek belowe dat ek jou opreg sal respekteer, jou altyd sal help, jou altyd sal bystaan en jou altyd sal aanmoedig. Ek sal jou optel as jy val, ek sal elke traan van jou by jou staan. Ek beloof om daar te wees vir elke lag, maar ook vir elke vrees – vir elke donker dag. Ek sal probeer om altyd reg te wees met raad. Ek wil in alle opsigte vir jou daar wees. Ek sal terwyl ek leef, altyd die Here eerste in ons huwelik plaas – en dat Godsdiens ons eerste prioriteit in ons huwelik wees. Want sonder God gaan ons huwelik nie deur die goeie of slegte tye kom nie, en dit moet ons altyd onthou! Ek beloof om vir jou ‘n vriendin, ‘n raadgewer en inspirasie te wees. Ek sal saam jou wakker lê in die nag en gesels en altyd vir jou grappies lag  As dinge vir jou moeilik raak, sal ek jou op die pad lei. Ek sal jou lewensmaat en liefdesvennoot in goeie en slegte tye wees. Deur siek tye sal ek jou nooit verlaat nie, maar saam jou die pad stap. Ek belowe om vir altyd maak nie saak watter omstandighede altyd getrou te bly / wees aan jou. Jy is en sal altyd die ENIGSTE fokus van my liefde wees.
BAIE dankie vir al jou liefde en omgee – ek waardeer jou oneindig baie. Ek het jou lief, vir my is jy die heel beste. Jy is my Hero en ek is trots op jou. Dit is my opregte begeerte om vir jou die beste van myself te bied as jou lewensmaat. Ek kies vandag dat ek saam jou wil oud word en die mooiste en die beste van die lewe saam met jou wil geniet. Ek gaan sover dit moontlik is as jou vrou in al jou huweliksbehoeftes voorsien. Ek vra jou nederig om verskoning waar en wanneer ek jou in die steek gaan laat en seer gaan maak – weet net dit sal nooit my doelbewuste intensie wees nie. Met gebed en hulp van God sal ek alles hierbo tot die beste van my vermoe doen en na te kom!
Ek sal jou liefhê met my hele wese tot die dood ons skei!

No comments:

Post a Comment