Monday, 17 March 2014

Sunday Fun...

Sondag het ek en my manlief lekker gaan fliek en in mall gaan rondloop. Ons het Vrou soek Boer gaan kyk, baie goeie movie. Dit het gevoel of ons weer op skool was, so verlief en vatterig hehe. Ons het nogals baie fun gehad. Ek weet ons kort meer sulke alone time, maar dis nie altyd so maklik met 2 kiddies en ouma's wat nie naby bly nie :(
Ek kan hierdie man net heeltemal opsoen elke liewe sekonde van die dag...
Ek het nie eers foto om hier te post van ons nie :( van nou af sal ek seker maak alles wat ek doen, om foto te neem sodat ek by elke post foto kan sit :)

Thursday, 13 March 2014

Als wat in week gebeur het (te lank terug hier geskryf) :)

So sussie is siek met verkoue...Boetie het brongitis (darm al baie beter) en nou raak mamma ook siek. Vanmiddag gou medisyne gaan kry sodat die verjoue vinnig die pad kan vat.
Dis darm naweek, lekker bed bly weer en rustig wees.
Laas naweek was my vriendin se 30ste en haar seuntjie se 1ste verjaarsdag partytjie, sy het sexy gelyk jong... Die dieet werk beslis - ek sal ook vinnig vinnig so lyk as daar vir my nuwe tieties belowe word haha ;)
Vriendin jy lyk regtig GOED!!! (sexy)
Die aandjie was baie lekker - behalwe vir orige vroumense wat - was dit groot sukses!
Ek voel in "jare" weer baie goed oor myself... Dink ek kan die koppe laat draai? :) hehe. My lyf kom stadig maar seker weer wat dit was omtrent 6 jaar terug :)
My ander vriendin het gegraduate...Sy het haar National Diploma in Paralegal Law studies gekry!! Geluk vriendin - baie trots op jou!!

Wednesday, 5 March 2014

Liefde van my LewE !!!

Gister kyk ek bietjie fotos op facebook - ou fotos, en ek raak toe sommer van voor af verlief op my man. Hy is SOOO ongelooflik sexy - as ek so na fotos van hom gekyk het, het ek aanhou dink die man is so vlippen sexy (al dink hy nie so nie)
Elke dag sal ek meer en meer verlief en lief raak vir die man, een van my grootste vrese is om die man te verloor - ek sal werklik waar nie sonder hom kan lewe nie. Hy is my lewe, my bestaan, my rede om elke dag gelukkig te wees. Die Here het my regtig geseen met die beste man OOIT!
Baby ek is ongelooflik lief vir jou en sal die wereld plat loop vir jou!
TDDUP