Gister kyk ek bietjie fotos op facebook - ou fotos, en ek raak toe sommer van voor af verlief op my man. Hy is SOOO ongelooflik sexy - as ek so na fotos van hom gekyk het, het ek aanhou dink die man is so vlippen sexy (al dink hy nie so nie)
Elke dag sal ek meer en meer verlief en lief raak vir die man, een van my grootste vrese is om die man te verloor - ek sal werklik waar nie sonder hom kan lewe nie. Hy is my lewe, my bestaan, my rede om elke dag gelukkig te wees. Die Here het my regtig geseen met die beste man OOIT!
Baby ek is ongelooflik lief vir jou en sal die wereld plat loop vir jou!
TDDUP
No comments:
Post a Comment