Sondag het ek en my manlief lekker gaan fliek en in mall gaan rondloop. Ons het Vrou soek Boer gaan kyk, baie goeie movie. Dit het gevoel of ons weer op skool was, so verlief en vatterig hehe. Ons het nogals baie fun gehad. Ek weet ons kort meer sulke alone time, maar dis nie altyd so maklik met 2 kiddies en ouma's wat nie naby bly nie :(
Ek kan hierdie man net heeltemal opsoen elke liewe sekonde van die dag...
Ek het nie eers foto om hier te post van ons nie :( van nou af sal ek seker maak alles wat ek doen, om foto te neem sodat ek by elke post foto kan sit :)
Memories of my Life
Adventures van my lewe saam my 2 kiddies en my man
Monday, 17 March 2014
Thursday, 13 March 2014
Als wat in week gebeur het (te lank terug hier geskryf) :)
So sussie is siek met verkoue...Boetie het brongitis (darm al baie beter) en nou raak mamma ook siek. Vanmiddag gou medisyne gaan kry sodat die verjoue vinnig die pad kan vat.
Dis darm naweek, lekker bed bly weer en rustig wees.
Laas naweek was my vriendin se 30ste en haar seuntjie se 1ste verjaarsdag partytjie, sy het sexy gelyk jong... Die dieet werk beslis - ek sal ook vinnig vinnig so lyk as daar vir my nuwe tieties belowe word haha ;)
Vriendin jy lyk regtig GOED!!! (sexy)
Die aandjie was baie lekker - behalwe vir orige vroumense wat - was dit groot sukses!
Ek voel in "jare" weer baie goed oor myself... Dink ek kan die koppe laat draai? :) hehe. My lyf kom stadig maar seker weer wat dit was omtrent 6 jaar terug :)
My ander vriendin het gegraduate...Sy het haar National Diploma in Paralegal Law studies gekry!! Geluk vriendin - baie trots op jou!!

Wednesday, 5 March 2014
Liefde van my LewE !!!
Gister kyk ek bietjie fotos op facebook - ou fotos, en ek raak toe sommer van voor af verlief op my man. Hy is SOOO ongelooflik sexy - as ek so na fotos van hom gekyk het, het ek aanhou dink die man is so vlippen sexy (al dink hy nie so nie)
Elke dag sal ek meer en meer verlief en lief raak vir die man, een van my grootste vrese is om die man te verloor - ek sal werklik waar nie sonder hom kan lewe nie. Hy is my lewe, my bestaan, my rede om elke dag gelukkig te wees. Die Here het my regtig geseen met die beste man OOIT!
Baby ek is ongelooflik lief vir jou en sal die wereld plat loop vir jou!
TDDUP

Thursday, 27 February 2014
Kwaliteit tyd saam my man!
So die naweek gaan sus na ouma Theresa toe vir die naweek - sy gaan saam ouma Randfontein skou toe. En ek en pappa is alleen by die huis saam boetie. What to do.... What to do... ???
Voel lus om more "Vrou soek boer" te gaan kyk by die movies, maar weet nie of dit so lekker gaan werk saam boetie by ons nie, wonder of hy sal slaap of sal huil? Sekerlik kans wat ons gaan vat. Sal maar nog sien wat ons gaan doen.
More weeg ons weer, sjoe weet nie of ek enige iets verloor het die week nie - hopelik het ek :)
Verder sal ons maar net rustig wees die naweek!

Tuesday, 25 February 2014
Bulletjie ...
Vanoggend 4uur besluit boetie dis nou wakker bly tyd... En ek hoef eers 5h45 in oggend op te staan... Kon darm so half uur slaap nog inkry. Maar dis net all smiles vanoggend jong. Hy word nou so vinnig groot, en bulletjie.
2 mees spesiale dae in my lewe
Die dae was toe ek geboorte gegee het aan my 2 wonderlike kiddies. Elke dag was op sy manier onvergeetlik. En die 2 maak my hele lewe complete - kan nie lewe sonder hulle insien nie!
Ruben Jansen van Vuuren - Gebore 12/10/2013 (3.32kg en 49cm)
Cailen Jansen van Vuuren - Gebore 11/12/2008 (3.37kg en 48cm)

My troubeloftes aan my man 12/05/2014
Ek deel graag met julle my troubeloftes wat ek aan my man geskryf het en gelees het op ons troudag in die kerk. Ek sal die dag nooit ooit vergeet nie. Ek het ewige trou belowe aan die wonderlikste man, amazingste pa, en my sielsgenoot. My "Forever After"
Ek glo die “magic” van ons “Cinderella Story” is opgesluit in die feit dat ons vir so lank net vriende was (alhoewel jy aanhou sê jy was al toe verlief op my :) ) Ons het jare gelede reeds begin om mekaar te respekteer, na mekaar te luister en mekaar te ondersteun op die paaie wat ons geloop het. Ons elkeen se verlede is deel van ons, maar as lewensmaats bou ons vandag ‘n brug oor ons verlede-paaie en stap ons nou ons eie sprokie tegemoet op ‘n pad wat nog nie voorheen geloop is nie. Die SUKSES van ons sprokie is nie in hierdie dag opgesluit nie, maar wel in die pad wat ons tot hier en van hier af verder stap.
Ek onderneem om van vandag af, vir die res van my lewe, jou vrou te wees en jou vriendin te bly. Ek beloof aan jou my ewige trou. Ek belowe dat ek jou opreg sal respekteer, jou altyd sal help, jou altyd sal bystaan en jou altyd sal aanmoedig. Ek sal jou optel as jy val, ek sal elke traan van jou by jou staan. Ek beloof om daar te wees vir elke lag, maar ook vir elke vrees – vir elke donker dag. Ek sal probeer om altyd reg te wees met raad. Ek wil in alle opsigte vir jou daar wees. Ek sal terwyl ek leef, altyd die Here eerste in ons huwelik plaas – en dat Godsdiens ons eerste prioriteit in ons huwelik wees. Want sonder God gaan ons huwelik nie deur die goeie of slegte tye kom nie, en dit moet ons altyd onthou! Ek beloof om vir jou ‘n vriendin, ‘n raadgewer en inspirasie te wees. Ek sal saam jou wakker lê in die nag en gesels en altyd vir jou grappies lag As dinge vir jou moeilik raak, sal ek jou op die pad lei. Ek sal jou lewensmaat en liefdesvennoot in goeie en slegte tye wees. Deur siek tye sal ek jou nooit verlaat nie, maar saam jou die pad stap. Ek belowe om vir altyd maak nie saak watter omstandighede altyd getrou te bly / wees aan jou. Jy is en sal altyd die ENIGSTE fokus van my liefde wees.
BAIE dankie vir al jou liefde en omgee – ek waardeer jou oneindig baie. Ek het jou lief, vir my is jy die heel beste. Jy is my Hero en ek is trots op jou. Dit is my opregte begeerte om vir jou die beste van myself te bied as jou lewensmaat. Ek kies vandag dat ek saam jou wil oud word en die mooiste en die beste van die lewe saam met jou wil geniet. Ek gaan sover dit moontlik is as jou vrou in al jou huweliksbehoeftes voorsien. Ek vra jou nederig om verskoning waar en wanneer ek jou in die steek gaan laat en seer gaan maak – weet net dit sal nooit my doelbewuste intensie wees nie. Met gebed en hulp van God sal ek alles hierbo tot die beste van my vermoe doen en na te kom!
Ek sal jou liefhê met my hele wese tot die dood ons skei!

Subscribe to:
Posts (Atom)